Zimbabwiese presidentskandidaat sit sy stryd voort

Die Zimbabwiese presidentskandidaat, Saviour Kasukuwere, sê hy sal sy stryd voortsit nadat die Konstitusionele Hof geweier het om sy dringende aansoek aan te hoor. In dié aansoek daag hy die land se hooggeregshofs-uitspraak wat sy kandidatuur nietig verklaar het. Die hofsake spruit uit die Zanu-PF aktivis, Lovedale Mangwana, se standpunt dat Kasukuwere nie as presidentskandidaat kwalifiseer nie omdat hy vir langer as 18 agtereenvolgende maande nie in die land was nie. Kasukuwere se regspan sê hulle sal nou ‘n dringende aansoek bring om verlof tot appèl teen die Konstitusionele Hof-uitspraak. Die dringendheid daarvan word gebaseer op die feit dat die verkiesing oor twee weke plaasvind.