Zimbabwiese aktivis gemartel, vermoor

‘n Zimbabwiese opposisie-aktivis, Tapfumaneyi Masaya, is dood aangetref nadat hy Saterdag tydens ‘n politieke veldtog net buite Harare ontvoer is, sê die Citizens Coalition for Change-party. Dit was die tweede ontvoering in weke van ‘n lid van die opposisieparty. Masaya is glo deur onbekende mans in ‘n voertuig gebondel terwyl hy vir die CCC se kandidaat voor die tussenverkiesing op 9 Desember veldtog gevoer het. Die party se woordvoerder, Promise Mkwananzi, sê Masaya is gemartel en sy liggaam is in die buitewyke van Harare gestort. Party-lede het hom by ‘n lykshuis uitgeken.