Zimbabiese ontsnapte steeds op vrye voet

Die Namibiese polisie in die Hardap-streek het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig ’n gewapende rooftog-verdagte, die 49-jarige James Dayton, is nog steeds op vrye voet nadat hy uit die Mariental-polisie-aanhoudingselle ontsnap het. Volgens die koördineerder van misdaad-ondersoeke in die streek, adjunk-kommissaris Eric Clay, is die verdagte ‘n Zimbabwiese man, wat tydens roetine-pligte uit polisie-aanhouding ontsnap het. Die polisie sê die verhoorafwagtende gevangene het op ‘n onbekende wyse uit aanhouding ontsnap. Die polisie het bevestig dat ondersoeke oor die omstandighede in ‘n gevorderde stadium is, asook pogings om die verdagte weer in hegtenis te neem.