Zim-vervaardiging op sy knieë gedwing

Ekonome in Zimbabwe sê die impak van die oorlog word oral in die land gevoel omdat die land afhanklik is op invoere vir sy vervaardigingsektor. Luidens berigte word ongeveer 80 persent van die materiaal wat in vervaardiging gebruik word ingevoer en met die oorlog, en uitdagings na Covid, is daar baie vertragings en stygende kostes. Brandstof het gestyg van sowat 1 Amerikaanse dollar en 40 sent tot 1 Amerikaanse dollar 90 sent. Vir bakkerye het sogenaamde Rico-vet vanaf 3 Amerikaanse dolalr gestyg van 4 dollar 50. Kookolie het verdubbel en kos 4 Amerikaanse dollar 80 sent vir twee liter met 50 kilogram meel wat vir 35 Amerikaanse dollar verkoop. Die land sukkel reeds met uiters hoë inflasie wat in Junie vanjaar op 191 persent gemeet is.