Dali sê Busisiwe se skorsing is soos doodstraf

Advokaat Dali Mpofu het die Suid-Afrikaanse Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se skorsing vergelyk met die doodstraf. Mpofu sê Mkhwebane is ‘n slagoffer van die mees gruwelike magsmisbruik in die land. Mpofu het aangevoer Mkhwebane se aansoek om die afdwinging van die bevel dat haar skorsing ongeldig is, is onbestrede. Hy sê dit is waarom die DA en President Cyril Ramaphosa aanvoer dat die bevel deur die Konstitusionele Hof bevestig moet word: