Zim vat boere se onbenutte grond terug

Internasionale nuusagentskappe berig dat owerhede in Zimbabwe op die oomblik besig is om grond wat aan swart boere gegee is en onbenut is, terug te vat. Die landbouminister Anxious Masuka sê 99 persent van die beskikbare grond is reeds in die buurland toegeken en bronne is min so daar kan geensins toegelaat word dat mense wat grond het, dit nie benut nie. Die aankondiging volg na wit boere ook toegelaat is om weer grond te bekom vir landbou-bedrywighede. Daar is geen aanduiding gegee van presies hoeveel grond onbenut is nie en ook nie wanneer die proses sal begin nie. Die internasionale vroeë waarskuwingstelsels sê 10 miljoen mense van die land se bevolking van 15 miljoen mense sal voedseltekorte teen September ervaar.