Zim-slagoffers uit Mugabe-tydperk moet vergoed word

Die slagoffers van die slagting uit die Mugabe-tydperk in Zimbabwe moet vergoed word. Zimbabwe het gesprekke begin oor vergoeding vir slagoffers van ‘n berugte slagting in die 1980’s wat plaasgevind het toe oud-president Robert Mugabe aan bewind was, het die Zimbabwe-regering gesê. Sommige slagoffers sal ook volgens die tradisionele gebruike opgegrawe en herbegrawe word. Dit volg op gesprekke tussen President Emmerson Mnangagwa en stamhoofde om jarelange griewe oor die sogenaamde Gukurahundi-slagtings af te handel. Die Zimbabwiese politieke en sosiale kommentator, Setfree Mafudkize, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.