Zim se tabak-oes lyk belowend

Zimbabwe was Afrika se grootste tabakprodusent. Die 2024-tabakbemarkingseisoen het middel Maart geopen en sal na verwagting inkomste vir tabakboere en ander huishoudings verbeter namate die bedryf herstel sedert 2000 se mislukte grondhervorming. Deon Theron, die voormalige president van die Kommersiële Boerevereniging in Zimbabwe, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dinge lyk goed wat pryse en kwaliteit betref.