Orpa vra dokumentasie in verband met RedForce

Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa, het ‘n skriftelike mosie by die Okahandja-dorpsraad ingedien. Hy wil hê dat die raad die dorpsraad se uitvoerende hoof, Alphons Tjitombo, opdrag gee om alle dokumente en kontrakte wat met die verkrygingsproses en aanstelling van RedForce verband hou, te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Coetzee, wat ook ‘n dorpsraadslid is…

Coetzee sê hy het snuf in die neus oor die kontrak met RedForce, en dit ruik na rot.