Zim se Goldrot het ‘n stil dood gesterf

Daar is het niks gekom van die sogenaamde Goldrot wat deur Al Jazeera in die buurland oopgevlek is nie. Die kwessie van geldwassery het groot opslae gemaak en net so vinnig verdwyn en die saak is glad nie hanteer soos die Fishrot-skandaal plaaslik hanteer is nie. Tendai Biti, die adjunk-leier van die opposisie-party, die Citizens Coalition for Change, sê die kwessie is in die land se parlement geopper maar, niks is gedoen nie. Daar is hoop dat iets gebeur voor die verkiesing op 23 Augustus.