Geingob ondergaan aortiese prosedure in SA

President Hage Geingob het vanoggend ‘n mediese prosedure ondergaan om ‘n aortiese stenose te behandel. Volgens die Presidensie, is die stenose, wat ‘n vernouing in die aortiese klep is, gedurende ‘n roetine ondersoek opgetel. Die prosedure is in Suid-Afrika uitgevoer omdat Namibië nie die kundigheid het nie. Die president sal weer sy normale pligte op 13 Junie hervat.