Zim-regering moet Vic-valle lughawe oopmaak

Die Toerisme-sakeraad van Zimbabwe het ‘n beroep op hul regering gedoen om die lughawe by die Victoria-valle, asook die grensposte van Victoria-valle en Kazungula vir toeriste oop te maak wat ten volle teen Covid ingeënt is. In ‘n brief van die raad, word die Zimbabwiese regering ook bedank dat ‘n inetingsperseel by Victoria-valle gevestig is waar kudde-immuniteit glo reeds bereik is.