Zim-polisie arresteer opposisie-lede

Die Zimbabwiese polisie het Saterdag traangas afgevuur by ‘n opposisieparty-byeenkoms in Harare en 25 van sy lede, insluitend twee parlementslede, in hegtenis geneem, het die Citizens Coalition for Change gesê. Die arrestasies kom ná ‘n vlaag polities gemotiveerde geweld teen opposisie-ondersteuners in landelike Zimbabwe, wat vrese vir onderdrukking voor die presidensiële verkiesing vanjaar laat ontstaan. Die datum is nog nie bekend gemaak nie maar sal na verwagting in Julie plaasvind. Volgens owerhede was die byeenkoms onwettig.