Aussie Ope: Djokovic mik vir 10de oorwinning

Novak Djokovic sê hy wil die Australiese Ope die tiende keer wen om gelyk te trek met die aantal Grand Slams van sy aarts-mededinger, die top-gekeurde Rafael Nadal. Hy sê hy voel gereed, al is daar onderliggende kommer oor ‘n besering. Djokovic het ‘n dyspier in Adelaide beseer en word steeds daarvoor behandel nadat hy die jaar afgeskop het met die 92ste titel van sy loopbaan by die Adelaide-internasionale toernooi. Djokovic het verlede jaar se Australiese Ope misgeloop toe hy deporteer is weens sy teenstand teen Covid-inenting.