Zim opposisieleier bedank uit eie party

Zimbabwe se opposisieleier, Nelson Chamisa, het uit sy party, die Citizens Coalition for Change, bedank. Chamisa voer aan, die regerende ZANU-PF-party besoedel en kaap sy party. Hy beskuldig die regerende party dat hulle staatsinstellings gebruik om die CCC te ondermyn. Chamisa sal na verwagting ‘n nuwe party stig. Chamisa se kritici sê Iintussen sy swak leierskap het gelei tot diep skeure in die opposisie, wat president Emmerson Mnangagwa gehelp het om aan bewind te bly.