Salah sal vir Egipte speel as hy reg is

Sokker: Mohamed Salah sal beslis vir Egipte speel in die eindstryd van die Afrikabeker indien hy fiks is en sy land kwalifiseer. Die speler van Liverpool het huiswaarts gekeer uit die Ivoorkus met ʼn dyspierbesering. Liverpool se bestuurder, Jürgen Klopp, sê die klub en Egipte wil albei hê Salah moet so gou moontlik fiks wees. Hulle verwag hy sal oor binne drie tot vier weke terug wees. Die eindstryd van die Afrika-beker toernooi is op 11 Februarie.