Zim oorweeg tabakuitvoere deur Walvisbaai

Zimbabwe se grootste vervoer- en logistieke maatskappy, Bak Logistics, oorweeg dit om ‘n deel van die land se tabakoes deur Walvisbaai uit te voer. Dit volg op die Walvisbaai-korridorgroep se besoek aan Zimbabwe wat daarop gemik was om die Walvisbaai-hawe te bemark. Die buurland voer sowat 250 miljoen kilogram tabak uit en ons vennote glo om die helfte daarvan deur Walvisbaai uit tev oer sal kostes afbring, volgens die hoof van Bak, Joshua Mukarati. Hy het bygevoeg dat die partye besig is om vervoerkoste op die 2 300-kilometer roete van Harare na Walvisbaai te verminder. Tabak is een van Zimbabwe se grootste uitvoerprodukte, met die land wat jaarliks meer as 1 miljard Amerikaanse dollar met die oes verdien.