Zim krieket-kaptein geskors vir dwelms, omkoopgeld

Die voormalige kaptein van Zimbabwe, Brendan Taylor, is vir drie en ‘n half jaar geskors ná hy skuld erken het op vier aanklagte van die verbreking van die internasionale liggaam se teen-korrupsie- en teen-opkikker-kodes. Taylor het erken hy het kokaïene gebruik en ‘n sogenaamde deposito van 243 000 Namibiese dollar ontvang vir wedstrydknoeiery. Sy oortreding van die IKK se teen-opkikkerkode het na vore gekom tydens toetse by ‘n kompetisie in September 2021, ná Zimbabwe se wedstryd teen Ierland. Die 35-jarige Taylor, wat in September verlede jaar uitgetree het, het sy land vir 17 jaar verteenwoordig.