Zim-kinders kry bitter swaar

Sowat 7,9 miljoen Zimbabwiërs leef in ekstreme armoede met die Covid-pandemie wat nog ‘n ekonomiese skok vir die land toegedien het. Kinderarmoede in die land het skerp gestyg met humanitêre organisasies wat hoë vlakke van hongersnood en vertraagde groei onder kinders aangeteken het. Tendai Biti, voormalige minister van finansies en leier van die MDC-party in Zimbabwe, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.