Zim-gasveld… sal nog ‘n tydjie neem

‘n Nuwe gasveld wat in Zimbabwe ontdek is, kan een van die belangrikstes ooit wees. Die regering het die vonds saam met die Australiese Invictus Energy aangekondig en dit beskryf as een van die belangrikste ontwikkelings in die olie- en gassektor aan land in Suider-Afrika. Die gasveld is in die Cabora Bassa-bekken naby die grens met Mosambiek, wat die tuiste van groot, bevestigde gasneerslae is. Sou dit bevestig word sal dit nog ‘n tydjie duur. Eksplorasie in Mosambiek se olie- en gasryke Cabo Delgado-provinsie het in die 1960’s begin, maar dit was eers in 2009 dat lewensvatbare bronne gevind is.