Bul saam met koei dood in draadstrik

Die uitdagings met veediefstal duur voort. Die Namibiese polisie sê dat oor die naweek het ‘n houtskool-werker op ‘n plaas by Outjo, op ‘n terrein afgekom waar ‘n bul en ‘n koei vrek gevind is in draadstrikke. Die diere was nog nie afgeslag nie. Vleis is ook gevind waar dit op die drade gehang is om te droog. Die bul se waarde word op 65 000 Namibiese dollar beraam met die koei wat op 12 000 dollar beraam word. Dit is nie bekend hoeveel ander diere geslag is nie. Die mag ondersoek die saak.