Zim entstof-skenking kom vandag aan

Die regering van Zimbabwe skenk vandag 20 000 dosisse Covid-19 entstof aan Namibië. Die skenking kom vanoggend in Windhoek aan en die regering sal ‘n amptelike oorhandigingseremonie by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aanbied. Die Namibiese adjunk-eerste minister, en minister van internasionale betrekkinge en samewerking Netumbo Nandi-Ndaitwah, en dr. David Musabayana, adjunkminister van buitelandse sake en internasionale handel van Zimbabwe, sal die skenking aan die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, oorhandig.