Zim-burger vas na Thabo Bester-ontsnapping

’n Zimbabwiese burger is in hegtenis geneem in verband met die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester se ontsnapping verlede jaar uit die Mangaung Korrektiewe Sentrum in die Vrystaat. Die 31-jarige man is in Johannesburg gearresteer. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê nege mense is tot dusver in dié saak in hegtenis geneem: