Zim-boere verwerp N$64 miljard in kompensasie

Zimbabwe se boere het die regering se 64 miljard Namibiese dollar vir kompensasie verwerp. Die boere meen dit herstel nie die skade wat sedert 2000 met oudpresident Robert Mugabe se grondhervormingsprogram aangerig is nie. Die betaling vorm deel van verskeie vereistes wat internasionale instansies van die Zim-regering eis om of skuld te delg of sanksies te lig, soos die oudpresident van die kommersiële boere-unie in daardie land, Deon Theron, verduidelik.