Zim begin inentings teen cholera

Zimbabwe het ‘n cholera-inentingsveldtog van stapel gestuur om meer as 2 miljoen mense te immuniseer, te midde van ‘n uitbreking wat honderde sedert vroeg 2023 gedood het. Cholera het teen 24 Januarie 452 sterftes in die land veroorsaak met 20 446 wat besmet is. Ongeveer die helfte van die gevalle kom onder kinders voor. Zimbabwe sal altesaam 2,3 miljoen dosisse van Unicef en die Wêreldgesondheidsorganisasie ontvang om na 29 van die distrikte wat die swaarste getref is, ontplooi te word. Meer as 892 000 dosisse is reeds gestuur.