Zille glo DA kan SA se grootste party word

Die voorsitter van die DA se Federale Raad, Helen Zille, is vol vertroue die party kan die land se grootste party word na volgende jaar se verkiesing. Sy gee egter toe die verlies vir een party beteken nie noodwendig ‘n wins vir ‘n ander een nie. Zille is die enigste kandidaat vir die voorsitterskap. Die verkiesing van ‘n nuwe partyleier vind vandag in Midrand plaas met die federale kongreslede wat óf vir die huidige leier John Steenhuisen óf vir die voormalige Johannesburgse burgemeester, Mpho Phalatse, sal stem.