Zelna Hengari verloor lasterstryd teen NWR

Die oud-besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, Zelna Hengari het haar lastersaak teen die maatskappy, sowel as die omgewingsminister en die van openbare ondernemings verloor. Die saak het gehandel oor die kontrak vir ‘n luukse kampterrein wat deur Sun Karros by verskeie lokale opgerig sou word en die bepaling was 50/50 in die gesamentlike onderneming. Hengari het die saak in 2020 voor die hof gebring en voorgehou dat die NWR haar belaster het in ‘n persverklaring en het skadevergoeding van 7,5 miljoen Namibiese dollar geëis. Regter Boas Usiku het haar eis van die hand gewys en ook beveel dat sy die respondente se regskostes moet betaal.