Zelensky sê Rusland wil hele Europa hê

Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky sê Rusland se aanval op sy land is net die begin van ‘n breër veldtog om Europa oor te neem. Hy sê vryheid word regoor die vasteland bedreig. Hy het gepraat op die vooraand van môre en oormôre se vredesonderhandelings met Russiese owerhede in Turkye.