Ministerie sê (nie eintlik nie) oor haglike koshuis

Die Namibiese onderwysministerie het gereageer op die onderwysvakbond Nantu se kommentaar oor die Himarwa Ithete Sekondêre Skool, vyf kilometer buite Nkurenkuru in Kavango Wes-streek. Volgens Nantu is daar 760 kinders in ‘n koshuis wat vir 260 gebou is. Die ministerie sê daar is 450 000 dollar begroot vir die opknapping van skole in daardie streek. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk-uitvoerende direkteur Edda Bohn gesels.

Daar is onlangs aangekondig dat 65 000, of te wel 8 persent, van leeders in Namibië tans in koshuise woon. Daar is ‘n tekort aan die fasiliteite regoor die land, veral in landelike gebiede.