Zelensky sê dis tyd dat oorlog eindig, en Rusland reparasies betaal

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê hy is oortuig dit is nou die tyd dat Rusland se verwoestende oorlog moet en kan stop. Hy het ‘n virtuele toespraak gelewer voor wêreldleiers by die G20 Bali-beraad. Zelensky sê Rusland moet sy soldate aan Oekraïne se gebied onttrek en vergoeding betaal vir die skade wat deur die oorlog veroorsaak is. Hy het ‘n beroep gedoen vir ‘n internasionale konferensie om belangrike elemente van die naoorlogse veiligheidstruktuur te bevestig en ‘n herhaling van Rusland se aggressie te voorkom.