Zelensky gee opdrag vir verpligte ontruiming van Donetsk

Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky het inwoners van die oostelike Donetsk-streek opdrag gegee om te ontruim. Hy het die land toegespreek en sê die ontruiming is verpligtend en alle inwoners sal gekompenseer word. Hy sê daar is nog honderdduisende mense wat in die groter Donbas-streek, wat Donetsk sowel as die naburige Luhansk-streek insluit, woonagtig is. Die ontruiming moet voor die winter plaasvind aangesien die streek se gasvoorrade vernietig is. Daar word berig dat daar hewige gevegte in die Donbas-gebied is.