‘Zaporizhzhya is in gevaar’

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap maan die Verenigde Nasies se veiligheidsraad om vyf beginsels te ondersteun om te voorkom dat ‘n kern-ongeluk te midde van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne plaasvind. Die agentskap se hoof, Rafael Grossi, sê die situasie by die Zaporizhzhya-kernkragaanleg, die grootste in Europa, is steeds uiters kwesbaar en gevaarlik. Talle van die land se vyf kernaanlegte en ander fasiliteite het onder regstreekse bomaanvalle deurgeloop. Die agentskap sê die beginsels sluit in dat geen aanvalle van of na die aanleg plaasvind nie en dat krag aan die aanleg wat nie op die perseel is nie, nie in gevaar gestel word nie.