Zanu-PF dwing Zim in die steentydperk in – Biti

Die Zimbabwiese opposisie sê Zanu-PF het die land terug in die steentydperk. Zimbabwiërs het soms vir tot 22 ure per dag kragonderbrekings. Die aankondiging deur die Zambezirivier-owerheid wat die Karibadam bestuur, dat Zimbabwe sy deel van die water in die wêreld se grootste mensgemaakte dam opgebruik het, het ‘n doodsklok vir ‘n reeds desperate kragopwekking-sektor gelui. Zimbabwiërs is nou al dekades lank gewoond aan geen konsekwente voorsiening van elektrisiteit nie. Tendai Biti, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.