Zambiese owerhede wil nie saamwerk oor veediefstal nie – Sampofu

Die streeksgoewerneur van Zambezi Lawrence Sampofu het owerhede in Zambië daarvan beskuldig dat hulle nie hulle samewerking gee in verband met die vlaag van veediefstal in die streek nie. Van die veediewe is volgens hom met AK-47’s gewapen en skiet in die lug as boere en polisie hulle spoor sny. Tussen 22 April en 22 Augustus vanjaar is daar 186 stuks vee gesteel met net 15 sake in die verband reeds oopgemaak en net 88 van die diere wat terug gevind is. Die boere is sat en vra vir beter grenpatrollies. Sampofu sê hy verstaan hulle frustrasie.