Zambiërs wag vir uitslae van presidensiële verkiesing

Buurland Zambië gaan vandag die presidensiële verkiesingsuitslae tussen President Edgar Lungu en Hakainde Hichilema begin bekend maak. Die verkiesing is gehou midde beperkings van internettoegang en geweld in drie streke. Die gebruik van sosiale media, soos WhatsApp, is deel van Zambiërs se daaglikse lewe en die beperking op toegang maak hulle verdag oor die uitkoms van die verkiesing. ‘n Politieke kenner oor Afrika-sake, dr. Charles Sinkala, gee sy mening en analise aan Kosmos 94.1 Nuus.

Dr. Sinkala het ook die betrokkenheid van die jeug in hierdie verkiesing aangedui. Hy het gesê jong mense in die land wens vir politieke leiers wat aanspreeklik is.