Zambezi NamPol gereed om skurke te fnuik

Owerhede in die Zambezi-streek het in die afgelope drie weke 59 olifanttande gekonfiskeer nadat hulle oorgrens smokkelaars aangekeer het. Volgens berigte beweeg ivoor-sindikate vanuit Zambië deur die streek na Botswana om olifante te stroop, en smokkel dan die tande terug deur die streek na Zambië. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi NamPol se bevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, gesels wat sê dat sy span polisiebeamptes hard aan die werk is om seker te maak dat geen misdaad onder hul neus gepleeg word nie.