Zambezi-museum later die maand bekendgstel

Die Museumsverniging van Namibië, die Europese Unie en die Ministerie van Onderwys, Kuns en Kultuur nooi Namibiërs en die res van die wêreld uit na ‘n virtuele bekendstelling van die Zambezi Museum op 18 Mei om 11 uur. Dit is ook Internasionale Museumdag. Die Zambezi Museum is een van vier wat deur die EU met 235 025 Euro befonds word. Die Direkteur van die Museumsvereniging, Jeromy Silvester, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.