Ysland: Seismiese aktiwiteit neem af, maar risiko vir skudding bly

Yslandse owerhede sê hulle is steeds op die uitkyk vir ‘n vulkaniese uitbarsting in die suidwestelike Reykjanes-skiereiland, hoewel die kans daal ná ‘n afname in seismiese aktiwiteit. Ysland leef met ‘n hoë risiko van ‘n uitbarsting sedert seismiese aktiwiteit en ondergrondse lawavloei toegeneem het in die streek naby die hoofstad Reykjavik aan die einde van Oktober. Die Metrologiese Kantoor sê dat ‘n uitbarsting in of naby die ontruimde dorp Grindavik nou as minder waarskynlik beskou word.