Dis reeds die warmste jaar op rekord, maar dit gaan erger word

Vanjaar is die warmste jaar op rekord en miljoene mense wêreldwyd is aan gevaarlike vlakke van uiterste hitte blootgestel. Volgens die African Climate and Development Initiative het Suider-Afrika laas in die middel-1800’s sulke hitte beleef. Kweekhuisvrystellings word die skuld gegee vir aardverwarming op ongekende vlakke. Christopher Trisos van die instelling sê dit sal na verwagting erger word: