Yengeni is uit by die ANC-kongres

Die senior ANC-lid, Tony Yengeni, sal nié by die party se nasionale kongres wat Vrydag in Johannesburg begin, kan staan vir enige posisies op die party se nasionale uitvoerende komitee nie. Die voorsitter van die ANC se verkiesingskomitee, Kgalema Motlanthe, sê Yengeni se diskwalifikasie is gegrond op sy skuldigbevinding aan bedrog. Die voormalige ANC-hoofsweep is in 2003 tot vier jaar tronkstraf gevonnis in ‘n saak wat met die omstrede wapentransaksie verband hou. Yengeni het onlangs ‘n beroep op Cyril Ramaphosa gedoen om te bedank na die Phala Phala-verslag. Die voormalige ANC-vroueliga-president, Bathabile Dlamini, is ook weens ‘n skuldigbevinding aan meineed verbied om haar verkiesbaar te stel vir sodanige posisies.