Ya Nangoloh moet eers jammer sê – Sophia

Die herinstelling van Phil Ya Nangoloh by Swapo, is steeds in die nuus. Ya Nangoloh sou vandag weer toegelaat word in die party na hy jare lank skerp kritiek teenoor die stigterspresident Sam Nujoma uitgespreek het en ook aantygings gemaak het dat Nujoma die Suid-Afrikaners bygestaan het tydens die vryheidstryd. Die party se sekretaris-generaal Sophia Shangingwa het vroeër vandag gesê sy lidmaatskap sal alleenlik goedgekeur word as hy in die openbaar aan Nujoma om verskoning vra.

Sy het ook gereageer op gerugte dat President Hage Geingob moontlik ‘n derde termyn sal najaag.