Xinfeng sê hy het niks verkeerd gedoen, verklaar litiumerts-uitvoere

Die Xinfeng-groep het reageer op onlangse berigte oor litiumerts-uitvoere en aantygings van bedrog en omkopery. Die maatskappy sê sy litiummyn naby Omaruru het tot dusver 75 200 ton litiumerts na China uitgevoer vir toetsdoeleindes wat nodig is om ‘n litium-prosessering aanleg in Namibië op die been te bring. Volgens die verklaring het die 75 200 ton net 1 persent litium bevat. Die maatskappy sê oor die volgende drie jaar sal hy ‘n sekere hoeveelheid litiumerts moet uitvoer om sy bedrywighede in die land aan die gang te hou. Hy sê hy verskaf werk aan 285 Namibiërs en bly toegewyd aan sy beloofde belegging van 500 miljoen Namibiese dollar om ‘n aanleg plaaslik, met ‘n ontsoutingsfasiliteit, op te rig. Hy ontken ook enige aantygings van omkopery en korrupsie.