Xi en Putin kuier saam

Die Russiese president Vladimir Putin het sy tweedaagse staatsbesoek aan China afgeskop met ʼn ontmoeting met Xi Jinping in Beijing. Dis die derde ontmoeting tussen die twee leiers in net meer as ʼn jaar terwyl Rusland se oorlog in Oekraïne reeds meer as twee jaar woed. China was ʼn reddingsboei vir Rusland nadat die Weste sanksies teen Moskou ingestel as straf vir sy inval in Oekraïne. Xi sê China en Rusland sal voortgaan om saam te werk om regverdigheid en geregtigheid in die wêreld te laat geskied.