Wynlandgoed bestee baie geld om mense aan te moedig om weer uit te eet

Die bekroonde Wes-Kaapse wynlandgoed Nederburg gaan byna ‘n miljoen-rand bestee om menses aan te moedig om weer hulle gelisensieerde eetplekke te besoek. Dit is deel van ‘n veldtog om die beleërde restaurantsektor in die buurland ‘n hupstoot te gee. Die bemarkingsbestuurder, Jackie Olivier, sê restaurante is onder dié wat die swaarste getref is deur die pandemie. Hulle hoop die veldtog sal mense oortuig om weer uit te eet.