Wynand du Toit kom stel boek bekend

Wynand du Toit, die oud-soldaat van die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag wat bekend geword het nadat hy in 1985 tydens die grensoorlog by Cabinda in Angola gevange geneem is, is op pad na Namibië. Hy gaan sy nuutste boek met die titel “Argon – Die begin van die einde” bekend stel en sy eerste stop is môre in Keetmanshoop, waarna hy verskeie dorpe gaan aandoen vir boekbekendstellings en praatjies. Hy beplan om op die 29ste November in Windhoek wees. Du Toit het meer: