Wydlopende kommentaar op bekende mediese kundige se standpunt oor Covid-19 inentings

‘n Toonaangewende Suid-Afrikaanse mediese deskundige, die hartchirurg dr Susan Vosloo, is in omstredenheid gehul na haar beweerde kommentaar oor Covid-19-entstowwe, waar sy glo noem dat mense wat ingeënt is ’n groter risiko inhou as die virus self en dat almal wat ingeënt word deel van ‘n eksperiment is. Vosloo, het in die video ook glo gesê die pandemie is die eerste mediese toestand wat oorwegend wanbestuur is. Ander mediese kenners het Vosloo gekritiseer en haar werkgewer, die Netcare-groep, het hom van haar standpunt gedistansieer, maar sê sy is geregtig op haar eie mening. Minstens twee organisasies het gesê hulle beplan om klagtes teen haar in te dien.