WP se Van Zyl tree af

Die slot van die Stormers en Westelike Provinsie, Chris van Zyl, het sy uittrede aangekondig. Die 34-jarige Van Zyl het sy beroeps-loopbaan in 2013 by die Leeus begin, maar in 2015 na die Wes-Kaap teruggekeer waar hy gebore is. Hy het 68 keer vir die WP uitgedraf en 34 Super-wedstryde vir die Stormers gespeel. Van Zyl sê hy sal altyd die broederskap in die WP onthou: