Woordeboek word 95

Die legendariese Woordeboek van die Afrikaanse Taal vier môreaand sy 95ste bestaansjaar met ‘n aanlyn verjaardagfees. Die Hoofredakteur, Willem Botha, sê die span sal mylpale en herinneringe tydens die skryf van die woordeboek uitlig, en die 16de weergawe bekendstel. Botha sê daar sal ook ‘n bespreking gevoer word oor Kaapse Afrikaans wat in die woordeboek gebruik word.