IPC sê Kora is georganiseerde misdaad

Die Nasionale Woordvoerder van die IPC-party Brian Black het hom sterk uitgespreek oor die Kora-aangeleentheid. Die saak, wat tans in die Hoërhof verhoor word spruit uit die mislukte Kora-toekennings wat nooit plaasgevind het nie. Die Namibiese Toerismeraad het die net minder as 24 miljoen Namibiese doller aan Adjovi oorbetaal vir bemarking in aanloop tot die toekennings. Adjovi het in 2004 die musiek toekennings geskep. Dit sou in Namibië gehou in Desember 2015 plaasvind maar het nooit gebeur nie. Black sê dit kom neer om georganiseerde misdaad.