Woon vergaderings by oor Lewendehawe-wet se wysigings!

Die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad van Namibië gaan volgende week finale konsultasievergaderings oor drie dae hou oor wysigings aan die Wet op Lewendehawe en Lewendehaweprodukte. Dit gaan oor die insluiting van pluimvee, suiwelprodukte, pluimvee-eiers en huide en velle by die bestaande wet. Kosmos 94.1 Nuus het met Rene Wentscher, die voorsitter van die Pluimvee-produsentevereniging gesels, wat alle produsente aanmoedig om betrokke te raak en die vergaderings by te woon.